“Maybe the journey isn’t so much about becoming anything. Maybe it’s about unbecoming everything that isn’t really you, so that you can be who you were meant to be in the first place.”

Dis die slagspreuk wat die sangeres Natasha Joubert byna tot stilstand roep toe sy dit in ‘n tydskrif raaklees.  Vandag, amper vier jaar later kyk sy terug en verstaan die dieper betekenis daarvan al te goed.

“Somtyds verg dit dat elke deeltjie van dit waarin ons, ons identiteit graag wil vind, soos ‘n los mat onder ons uitgeruk word, sodat ons opnuut kan weet wat werklik saak maak, sê Natasha.

Natasha Joubert, voormalige Mrs United Nation SA en Mrs United Nation Internasionaal, motiveringspreker en sangeres het bekend geword  met treffers soos Dankie Heer, O My Bokka en Daisy.

As enkel-mamma van 3 pragtige kinders, beroepsvrou en kunstenaar staan Natasha haar plek vol. Sy en haar kinders woon in Hartenbos. Sy tree op by damesoggende, eredienste, konserte, feeste, markte en huiskonserte.

Natasha is ook vir die afgelope 3 jaar betrokke by Inspired Gifts and Apparel, Inspired is ‘n besigheid wat “Faith Based Inspired Clothing and Gifts” vervaardig en verkoop.

Natasha is aktief op sosiale media met kort inspirerende boodskappe en Worship Wednesday.

“Daar is geen manier wat ek alles sonder die Here se hulp in my lewe kon doen nie. Ek sien en ervaar Hom in die kleinste, fynstste details van my lewe. Hy gee my hoop! Hoop tel my op en dit maak dat ek dit so graag wil deel met iemand wat dit nodig het, dalk vandag nog.”

sê Natasha

There is a big difference between charm and a sincere compliment. Charm flatters for the moment, but a sincere compliment can last a lifetime.

“Natasha Joubert”

Die valkuns van die lewe gaan nie oor die val nie, maar oor die opstaan; en die tools wat jy nodig het om op te staan, lê juis daar waar jy geval het.

“Steve Hofmeyr”

Die valkuns van die lewe gaan nie oor die val nie, maar oor die opstaan; en die tools wat jy nodig het om op te staan, lê juis daar waar jy geval het.

“Steve Hoffmeyr”